Beskermde Dae

Beskermde Dae

A Story by Lyndsay Gaynor
"

An Afrikaans story.

"

Ek sit alleen in ‘n leë kamer. Dit voel asof die mure nader aan my beweeg. My hele lewe is op sy kop gedraai en daar is niks wat ek kan daaroor doen nie. Ek maak my oë toe an dink aan my jong dae toe ek ses jaar oud was. Dit was amper agtien jaar gelede.

My lang, rooi, gekrulde hare was altyd mooi vasgemaak met strikkies. My klere het altyd vuil kolle gehad van wanneer ek in die tuin gespeel het. My klein gesiggie was altyd besig om te lag. Ek kan nie onthou wanneer ek laste gelag het nie.


Ek het ‘n pragtige pienk kamer gehad. Mamma het dit altyd skoon gemaak nadat ek met moddervoetjies op my klein bed gespring het. Die vloer was altyd vol poppe en ander speelgoed. Vandag besit ek nie eers ‘n bed nie.


Elke eetenstyd het ek met my klein maagie by die tafel gesit en my kos op geëet. Mamma het die wonderlikste kos gemaak. My bord was altyd skoon. Ek kan amper nie kos meer bekostig nie.
Op my eerste dag van skool het Pappa my skool toe geneem. Ek was vreeslik bang. Al die ander kinders het vir my rooi hare en sproete gelag. Warm trane het by my wange af geloop en ek het agter Pappa weggekruip. My arms was vas gedraai om sy been. Daar is nou niemand in my lewe wat by my staan as ek bang is nie.


Alles in my lewe het verander. Niks is soos dit jare terug was nie. Ek is nou hartseer, honger en allen. Ek soek Mamma, ek verlang na Pappa.
 

© 2008 Lyndsay Gaynor


My Review

Would you like to review this Story?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

192 Views
Added on August 11, 2008

Author

Lyndsay Gaynor
Lyndsay Gaynor

South Africa



About
I'm a simple girl who grew up in a tiny town in the country. Next to writing, my interests include art, photography, programming, chemistry, psycology, reading and such. For someone that loves writing.. more..

Writing
Guilt Guilt

A Poem by Lyndsay Gaynor