Vurige Gedagtes

Vurige Gedagtes

A Poem by Michelle Pietersen
"

This poem is written in my home language, for it has more meaning that way. Thak you.

"
Die gevoel van dood
Die gesmeul in my gedagtes
Laat my dink aan kinders wat lei in hongersnood
Dit wat ek dink is wat klaar verbrand is

Gevoelloos stap ek deur die stad se strate
En ek voel hoe elke motor se agter gelate krag my trek
Gevoelloos kruip die liefde nader
En ek sien hoe jou aangesig vergader

Ek streel met my hande oor jou vel
En ek voel hoe dit bietjie vir bietjie haat uit skel
Jy honger vir liefde, maar jy vrees die van my
Onsekerheid spoel oor jou gesig, jy wil my vermy.

Liefde is verniet, en haat is wat jy wil bied?
Ek voel moedeloss, en negatief
Ek is niks werd, ek is verlief
Ek is hier, ek sing jou lied

Opgeskropte gevoelens, deurmekaar
Musiek en sy demone bring alles bymekaar
Elke noot en sy onverklaarbare skote
Elke ritme en n hart is vergewe

Almal maak foute, almal maak wense
Almal begeer en almal lewe met tendense
Ekt vergeet hoe dit voel om jou te soen
Ek hunker na jou, maar ekt jou ingedoen!

Verlore siele dryf die wereld vol
En ek voel die pyn soos my siel verdwyn
Dit brand op my vel, soos die son op hom skyn
Red my, want ek sal jou red, voor my hart weer weg hol

© 2013 Michelle Pietersen


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

136 Views
Added on October 24, 2013
Last Updated on October 24, 2013
Tags: Afrikaans