Die Siels Greep Boogey

Die Siels Greep Boogey

A Poem by Heno Zwarts
"

To the Musicians who are the true Sorcerers of this World

"

Die Siels Greep Boogey  - h.zwarts ©2015

 

Die visuele kwantum meganika

in gevoer uit geestes leemte ruim,

van uit die musika; Skepper Tower

Kuns! Weelde visuele beelde,

van die Musikant �" diversiele multi

dimensionele,

Geometriese akoorde,

wat materie in oktawe transendeer!

My wese vasgevang en ingesnaar

in die Musikant se hipnotiese siels grepe!!

Stralend, visuele ressonansie van die

Universiele Skepper; Vorm & Vibrasie

Die Musikant se heilige manipulasie,

ingespande magnetisme wat my siel

so versoek en onbekeerd uitloklik

kallibreer! Poetiese godelike interaksie

herprogrameer die ego projektiele

koers van al my elektrone

…die ressonansie van kerngevulde

lewend makende atome!

So uiterlik vasgevang in die Musikant

se gekoesterde hipnose!

Skepper & Kaptein van Klank!

Intieme godlike liefde making en

Intelligente samevoer, die heilige

vier spel van die Manlike Lig Vibrasie!!

Die astronomiese interaksie, pylkoker

die lewend barende Vroulike Dans in

almagtige heelal van materie!!

Klank baar Vorm,

Skepper van die Lig Spektrum!!

Daardie geestelik aanroep van die

Oorspronklike Klank en Eerste Musikant!!

Die digter sien jou en pen jou in

ongelooflike lig fotografie soos die

Musikant transformeer in die geroepe

godelike vaartuig,

Skeppers Kuns Hand van siels omvouende

kleure, die invoering van hemels intuitiewe

gevoel, my metafisiese dekwese!!

Jou gekoesterde melodiese manipulasie

skend en kallibreer my siels vibrasie!!

Geometriese op en uit gevoerde hipnose,

walts en vlei negatief gelaaide elektone,

Engele vleesgevormde harmonie en inter

dimensionele akoorde …ek bly vasgegryp

in hierdie visuele beelde,

persepsieel eksklusief getuin in jou aanroep

van Skepper Kwantum Akoorde!!

Klank skep vorm, en vorm ressoneer klank,

Heiligste Hemelse Simfonie…

Ek is trans-verlore  in die musika se lig be-

laaide atome, want die Musikant reflekteer

siels aanrakende Skeppers Hand Vibrasie en

greep my vas in jou hemels melodiese akoorde!!

Verstom en uit oorle in die intelligensie agter

die ander wereld se melodie;

Die atomiese molestasie van die Musikant

se lig vibrasie.

 

Spiraal, bly ek skryf in sirkels en ek prober

ontsnap uit jou klank hipnose;

Lucifer, engel van lig, meester van klank, se

vir my hoe keer ek om in jou uitgesoekde

simfoniese molestasie?

 

…maar die vraag kom altyd te laat!! Passop

waneer Musikante hul oe in aanbidding toe

maak,

hulle siele verlaat,

vir ruim en vloei, god se hand

om jou siel se materie meesterlik aan te raak!! 

© 2016 Heno Zwarts


My Review

Would you like to review this Poem?
Login | Register




Share This
Email
Facebook
Twitter
Request Read Request
Add to Library My Library
Subscribe Subscribe


Stats

145 Views
Added on October 17, 2016
Last Updated on October 17, 2016

Author

Heno Zwarts
Heno Zwarts

Johannesburg, Gauteng, South Africa



About
Herewith an update on WC Publishing & projects: “Dragon Lore” - ISBN: 978-0-620-65894-2 by H.Zwarts a metaphysical tale of a lone wolf & a lady dragon that becomes the underlinin.. more..

Writing